Welkom by Oude Westhof Aftree-oord
Gemaklike aftrede in 'n rustige, veilige en mooi omgewing
Oude Westhof Aftree-oord verseker u van ‘n kwaliteit aftrede in ‘n rustige, veilige en gemaklike omgewing met die lewering van professionele gehaltediens aan u deur ons toegewyde personeel.
Ons beskik oor pragtige, ontwerpte 1-, 2- en 3-slaapkamerwonings asook ruim woonstelle en hulpsorgeenhede met lieflike uitsigte oor die vallei en berge. Die Oord bied ook ‘n pragtige omgewing met watertuine en –strome wat bydra tot die rustige atmosfeer en deur u geniet kan word in u “goue” jare.
Omgewing
Die Aftree-oord is geleë teen die hange van die Tygerbergheuwels en bied ‘n lieflike uitsig oor die Tygerberg Natuurreservaat, vallei asook berge.
Die bekende Tygervalleiwinkelsentrum is gerieflik naby en daar is ook verskeie restaurante, kerke en ander kleinhandelaars in die omgewing.
Wynplase soos Nitida, Bloemendal en Hillcrest is in die onmiddellike omgewing.
|
|
|

Dienste
Tuindienste: Voltydse tuindienste word voorsien om te verseker dat alle tuine in die Oord te alle tye op hul beste vertoon. Indien u self ook in u tuin wil werk, is u welkom om te reël dat een van die personeellede, u kan uithelp. Die tuine in die Oord is almal toegerus met sprinkelbesproeiing en aangesien die Oord die gebruik van boorgatwater het, word alle tuine op geskeduleerde tye besproei.
Instandhouding: Die Oord het ‘n toegewyde instandhoudingspan en hulle verseker dat alle wonings, paaie, ens. altyd in ‘n goeie toestand is.
Sekuriteit: Ons is daaraan toegewy om die beste sekuriteit aan die inwoners te bied wat verseker dat u altyd gemoedsrus kan hê ten opsigte van u eie veiligheid asook u besittings.
Oude Westhof is ten volle omhein (elektriese heining ingesluit) en het beheerde toegang na die Oord (beman deur ‘n bekende Sekuriteitsfirma). Die sekuriteitsbeamptes patrolleer ook die terrein op ‘n daaglikse basis. Elke eenheid is ook toegerus met ‘n paniekknoppie wat verseker dat elke inwoner in direkte verbinding is met personeel in geval van nood. |